Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Le Chardon

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C Chardon Village 1446, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 745 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Le Chardon is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat in die ongerepte Langebaan Country Estate geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin wat die Weskus wil verken gedurende die pragtige blomseisoen.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die glasskuifdeure is 'n onderdakstoep met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir gaste om te ontspan terwyl die vuur brand.

Gaste kan 80 km se fietsroetes, 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n klubhuis met 'n restaurant, 'n gimnasium, tennisbane, 'n sokkerbaan, 'n speelpark vir kinders, staproetes, put-put en 'n swembad geniet. Die ligging van hierdie eiendom is ook 'n kort entjie se ry na die strand, die strandmeer en Laguna Mall.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Vervoerdienste
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Andriette Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 12

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • C Chardon Village 1446, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 745
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 745
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C Chardon Village 1446, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a7749bfb42b1f6ea4b1812ba4b34fa1afceccc51b775255f7eec4c5241714119f597b60d5701fac278bdc17b09e3ed52d2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 745 per nag (plek vir 4) 1445 C Chardon Village Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.070449 18.05104

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang