Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lagoon Lights

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunbird-rylaan 187, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 378 R1 665 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lagoon Lights is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Myburgh Park, Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek of 'n groep vriende aangesien hierdie eiendom net 'n entjie van die strand af is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is 'n binnebraai-area met 'n tweede etenstafel en 'n sitplek wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en gehaltetyd saam te geniet. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 64

Resensies 341

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sunbird-rylaan 187, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 378
R 2 378 R 1 665
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 378
R 2 378 R 1 665
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunbird-rylaan 187, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA774bcbb94384bb7e9a2db4840a68ea9159894d55e917b831fdb532825c482f1f1b97395d1833aa2e035f791b4d8f66073a82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 378 nouVanaf R1 665 per nag (plek vir 4) 187 Sunbird Drive Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.095370058835 18.048539619049

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang