Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Peregrina Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Vanaf R370 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

La Peregrina Gastehuis skuil in die bekoorlike woonbuurt Muckleneuk, in Pretoria.

Verblyf word gebied in 'n keuse van 2 slaapkamers, een enkel en die ander dubbel.

Die dubbelkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed, privaat buitedeur en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die enkelslaapkamer het 'n enkelbed en 'n gedeelde badkamer met 'n bad.

WiFi, DStv en 'n braai-area is beskikbaar. Die eenhede word omring deur 'n tuintjie en is ideaal vir 'n sakereisiger.

Die eenhede is nie toegerus vir selfsorg nie, maar het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n verwarmer, waaier en 'n haardroër. Daar is ook 'n strykyster en strykplank. Gaste kan toegang tot die gemeenskaplike sitkamer met DStv hê. Braaigeriewe is op versoek beskikbaar op die lieflike patio wat gedeeltelik onderdak is. Rook word nie in die huis toegelaat nie, gaste het toegang tot die patio en kan daar rook.

Pretoria spog met 'n verskeidenheid doendinge soos perdryroetes by die Voortrekkermonument, wildkyk by Rietvlei Wildreservaat, en tandem valskermspring by die Pretoria Valskermspringklub.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Erna K
5.0
Wonderlik. Wonderlike gasvrou wat my dadelik deel van haar huis gemaak het. Dit kan nie beter nie!
Feb 2025
Mattheus V
5.0
Comfortable. Breakfast was amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Letitia F
5.0
A pleasant stay in a convenient location with a friendly and accommodating host. A very pleasant stay in a convenient location with a f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Ruline P
Gesin met tieners
5.0
Heerlike huislike gevoel. La Peregrina is goed ingerig, gerieflik geleë en Ansie is 'n wonderlike gasvrou wat die ekstra myl stap vir haar gaste. Sal ...
Sien meer
Des 2024
Harris H
5.0
Maklik, vriendlik naby aan Loftus. Baie behulpsaam gewees toe ek moes vroeër inboek. Baie netjies en baie vriendelike mense.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Gaste dink La Peregrina Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 370
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 370
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bereastraat 284, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1L8qXviZ5wvFpbO72SvMhO0FKsDQdIFJDBB10fkQ8NuFfzdluh?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R370 per nag (plek vir 1) 55 5 1 5 284 Berea Street Muckleneuk 0002 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.760849493842 28.20413017791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang