Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kanonkop Private Estate Lagoon and Garden Apartment

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Metelerkampstraat 13, Kanonkop Privaat Landgoed 10, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 290 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kanonkop Private Estate Lagoon and Garden Apartment spog met 'n manjifieke uitsig oor die Knysna-strandmeer asook 'n aangelegde tuin. Bied moderne verblyf vir gaste in 'n veilige omheinde omgewing wat Knysna wil ervaar. Knysna-sentrum is 5 minute weg.

Die verblyf is in 2 eenhede verdeel wat die Lagoon Suite en die Garden Suite insluit. Albei eenhede het 'n omskakelaar so tydens beurtkrag werk die Wi-Fi, ligte, TV en yskas. Gasgeisers verseker warm water. The Lagoon Suite is 'n oopplan-eenheid wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n reënstort, 'n toilet en 'n dubbelwasbak. Daar is 'n gemaklike rusbank waar gaste kan sit en DStv kyk of sonlig op die buiteterras kan geniet.

Die Garden Suite is groter en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n gemaklike rusbank met 'n DStv. Die en suite-badkamer het 'n reënstort, 'n toilet en 'n dubbelwasbak. Dié suite het sy eie dek wat oor die tuin en landskap uitkyk. Albei eenhede het 'n klein kombuisie met 'n eenplaatstoof, 'n yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan doendinge in en om Knysna geniet, soos voetslaan, snorkel, fietsry en natuurlik ons twee pragtige gholfbane Pezula- en Simola-gholfbane. Die verblyf is naby Knysna Waterfront en die gewilde Thesen Island Lifestyle Centre. Knysna Private Estate is 3 km van Simola Gholfbaan af; 8 km van Pezula Gholflandgoed af en 10 km van Knysna Heads af.

Die eiendom het 'n omskakelaar om kragonderbrekings te voorkom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lauren Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Metelerkampstraat 13, Kanonkop Privaat Landgoed 10, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kanonkop Private Estate Lagoon and Garden Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Metelerkampstraat 13, Kanonkop Privaat Landgoed 10, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6f96cb2126fd6d3c974380e701f6578fbe4763080ab6676497887bab04e4823432879eb214c3e79d9603a3db353476a474c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 290 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 13 Metelerkamp Street 10 Kanonkop Private Estate 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.034764892142 23.022808171848

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang