Hillcrest Waterfall @ Home
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glen Grey-weg 19, Waterfall, 3610, KwaZulu-Natal
- Vanaf R600 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Hillcrest Waterfall @ Home bied selfsorgverblyf in die hartjie van Waterfall naby Hillcrest. Dit kan 'n ideale opsie wees vir gaste wat aan projekte in Durban werk of gesinne besoek wat in die area bly.
Dié kothuis het slaapplek vir 3 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitkamer met 'n TV. Vir diegene wat werk wil doen, is 'n lessenaar en gratis WiFi beskikbaar.
Buite is daar 'n lieflike tuin asook veilige parkeerplek vir gaste se voertuie. Die ligging van hierdie eiendom is naby Kearsney College sowel as pragtige staproetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Glen Grey-weg 19, Waterfall, 3610, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hillcrest Waterfall @ Home het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glen Grey-weg 19, Waterfall, 3610, KwaZulu-Natal