Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hibiscus Guest Room

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hangklip-straat 19, Twin Palms, Strand, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hibiscus Guest Room is geleë in 'n baie stil en rustige omgewing, bied knus oornagverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Twin Palms, Strand. Dit is ideaal as oornag stasie oppad na Kaapstad Internasionale Lughawe, ideal vir sakereisigers, of sommer net 'n wegbreuk na rus en vrede.

Geskik vir 1 tot 2 aande se verblyf. Langer verblyf kan bespreek word indien die akkommodasie aan u behoeftes voldoen.

Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Goeie kwaliteit handoeke (bath sheets) en linne word voorsien. Dit sal op aanvraag na 3 dae se verblyf vervang word.

Badkamerbenodighede soos ontsmettingsmiddel, sjampoe, lyfseep en -room asook grimeringverwyderaar ens word voorsien.

Daar is ook 'n koffiestasie met 'n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Buite het gaste 'n stoep met 'n tafel en stoele waar hulle 'n oggendkoffie kan geniet. Daar is ook 'n leefarea/eetkamer om wegneemetes te nuttig asook 'n TV met Netflix.

Veilige parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar. Die verblyf is ongeveer 1 km vanaf die naaste supermark asook 'n wassery, 2 km vanaf die hoofstrand met verskeie restaurante en binne 'n radius van 5 km vanaf die Sommerset Mall, Busamed privaat hospitaal en Vergelegen MediClinic.

Ontbyt op aanvraag teen ekstra koste indien dit vooraf met die eienaar bespreek word.

Geen rokery word toegelaat nie. Geen ekstra gaste word toegelaat nie. Geen partytjies word toegelaat nie. Geen geraas word toegelaat nie. Geen troeteldiere word toegalaat nie. Respekteer asseblief die huisreëls. Gaste wat die huisreëls verontagsaam sal gevra word om die perseel te verlaat sonder enige terugbetalings.

Alhoewel alles gedoen word om die verblyf so veilig en gerieflik as moontlik te maak betree gaste die perseel op eie risiko, en sal die eienaar geensins verantwoordelik gehou word vir enige besering, dood of skade aan eiendom of voertuie nie, ook nie skade agv diefstal nie.

U belangstelling word opreg waardeer.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marney Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Hangklip-straat 19, Twin Palms, Strand, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hibiscus Guest Room het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hangklip-straat 19, Twin Palms, Strand, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc758f4ec95f9f9dcd14befc8b2bbda5cc5afe439c7b4785e05167bba4e050ca4a85dda29d865050bb2e687843140e3f836c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 19 Hangklip Street Twin Palms 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-00:00 10:00 -34.115079921534 18.838309030015

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang