Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grootvallei Guest Farm - Suite

Wildsplaas

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Morne V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Keurige verblyf op ’n wildplaas. Grootvallei is sowat 8 km met ’n goeie grondpad buite Boshof geleë. Neel is ’n bedagsame en sorgsame gasheer, wat seker maak gaste is gemaklik, en jou dan los om die stilte te geniet. Die foto’s laat nie reg aan die plaas óf suite geskied nie. Die eenheid is besonder ruim, volledig toegerus met selfs ’n Nespresso-masjien en die dekor is elegant. Die swembad is ’n hanetree daarvandaan geleë en die wildsbokke kom wei tot feitlik teenaan die voorstoep, waar die poue skuiling soek teen die son. Dis ’n wonderlike plek om af te skakel en rustig te raak. Ons het ongelukkig snikhete dae gekies om oor te bly, wanneer dit moeilik is om te slaap. Omdat dit op ’n plaas geleë is, kan ’n mens weens die insekte nie snags die vensters laat oopstaan vir koelte nie. Lugversorging sal ’n wonderlike toevoeging wees vir gaste wat in die warm maande oorbly, hoewel die meeste seker die koeler maande (jagseisoen) kies. Ons sou ook twee enkelbeddens – soos op die foto’s – verkies het, maar het ’n dubbelbed gekry. Tog kan ek Grootvallei ten sterkste aanbeveel. Ons het elke dag deurgery Kimberley toe vir etes en inkopies met die goeie grondpad en ewe goeie teerpad langs.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Neel Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Samaria-weg 1, Boshof, 8340, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92d7861af5a2217417d63aa16bfbc1a1c732056dc715f4f510648272b51dec97f0832349abbe4f79bb58585b4ef82900dfac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 1 Samaria Road Boshof 8340 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.533452721097 25.142952128906

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang