Eleven on Short
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Short-straat 11, Glenlily, Parow, 7500, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Eleven on Short is sentraal geleë in Glenlily, Parow. Dit is die ideale plek vir gaste wat wil oornag en steeds trefafstand wil wees vanaf die stad, waterfront, strande, wynroetes en hospitale.
Die woonstel is deel van die hoofhuis en het 'n aparte ingang. Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer met n dubbelbed en 1 badkamer met n stort, klein wasbak en toilet. Dit bied slaapplek aan 2 gaste wat n dubbelbed deel.
Die leefarea het 'n bistro-tafel met 2 stoele en 'n gemaklike 2 sitplek rusbank. Die kitchenette is toegerus met 'n induksieplaat, lugbraaier, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskassie en 'n wasmasjien asook alle nodige eetgery.
Buite is daar 'n patio met 'n onderdakbraai-area wat uitkyk oor die tuin en swembad.
Veilige parkeerplek vir een voertuig word voorsien reg voor die woonstel agter n geslote hek.
Die eiendom is naby die Netcare N1 City, Louis Leipold, Panorama, Tygerberg, Karl Bremer, en Bellville Melomed hospitale. Ook naby is Tygervallei Sentrum, Willowbridge Mall, Parow Sentrum, N1 City Mall, Canal Walk en Century City.
Ongeveer 20 minute se ry vanaf Kaapstad, die V&A Waterfront, en Kunstekaap teater.
Die woonstel het nie n tv nie, maar gratis wi-fi.
Hout is beskikbaar vir braai.
Gebruik van swembad.
Geen troeteldiere, kinders of rokers asb.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Short-straat 11, Glenlily, Parow, 7500, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Glenlily Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Short-straat 11, Glenlily, Parow, 7500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang