Dumarl's Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alk Van Zyl-laan 76, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Dumarl's Cottage is 'n groot selfsorg-tuinkothuis met sy eie ingang op 'n privaat erf in die boomryke voorstad Panorama. Die eenheid het sy eie ingang en 'n afstandbeheerde hek.
Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea.
Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ooplan-slaapkamer en -leefarea het 'n enkelbed sowel as 'n slaapbank vir 2 of meer volwassenes. Daar is ook 'n gedeelde gastebadkamer met 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 2-plaatstoof, oondjie en 'n mikrogolf toegerus. Die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket. Vinnige WiFi is ook beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek op die perseel onder spreiligte en met geslotekringtelevisie. Veilige parkeerplek vir 'n sleepwa of karavaan is beskikbaar. Die eenheid het 'n alarmstelsel.
Tydens beurtkrag is sonkrag vir WiFi, TV, DStv, die alarmstelsel, batterylaai en beperkte gebruik van die oondjie beskikbaar.
Dumarl's Cottage is baie naby die Tygerberg Natuurreservaat, De Grendel Winetasting plaas, winkelsentrums en staproetes. Daar is maklike toegang tot die N1 na Kaapstad en die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Dudley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Alk Van Zyl-laan 76, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Gaste dink Dumarl's Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alk Van Zyl-laan 76, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap