Die Storiekamer
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Storiekamer is 'n knus selfsorg-eenheid in Kamieskroon, 'n klein dorpie in die middel van Namakwaland, Noord-Kaap. Dit is die ideale plek vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek. Dit is sentraal geleë vir besoekers wat wil blommekyk in die lente. Springbok is 67km weg, en Garies 47km. Kamieskroon is op die drumpel van die Namaqua Nasionale Park, wêreldberoemd vir die skouspelagtige Namakwa madeliefies in die Skilpad gedeelte van die park. Die koel weer en ongerepte strande van die Namakwalandse kus is 80km van Kamieskroon.
Die Storiekamer is 'n oopplan-eenheid en het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuishoekie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, enkelplaatstoof, broodrooster, ketel en mikrogolfoond. Alle breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe, wat filterkoffie, tee, rooibostee, melk en suiker insluit, word voorsien. Die eenheid het ook 'n blaserverwarmer, waaier en haardroër.
Ander geriewe sluit 'n rusbank, tafel om maaltye by te geniet, boeke en braaigeriewe in. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan gaan stap en ontspan op die stoep wat uitkyk oor Kardou, die ikoniese heuwel oos van Kamieskroon.
Kamer-opset
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Malinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink Die Storiekamer het ’n baie goeie ligging
Toeganklikheid
Sien meer verblyf in Kamieskroon Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang