Die Karee Tuiste
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dié verblyf is in 'n 19de-eeuse kothuis geleë, onder 'n groot Karee-boom, wat in 'n gastehuis omskep is. Die dorpie Postmasburg is in die hartjie van die Noord-Kaap geleë. Die dorpie word omring deur ysterertsmyne asook die vars Noord-Kaapse oop grasvlaktes met asemrowende sonsondergange.
Verblyf word gebied in 1 eksklusiewe gastekamer en 1 kothuis. Die lugversorgde gastekamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het 'n platskerm-TV en 'n kantoorruimte met 'n lessenaar. Hierdie goed gemeubileerde kamers loop uit op 'n stoep met 'n braai-area en het toegang tot 'n aparte kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, oond, wasbak, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die kothuis het 2 slaapkamers met lugversorging, elk met 'n dubbelbed en deel 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea het 2 rusbanke en 'n platskerm-TV. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond, wasbak, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en Die Karee Tuiste is sentraal geleë naby al die restaurante, winkelsentrums, apteke en ander geriewe in die dorp.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
- Gaste dink Die Karee Tuiste het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Postmasburg Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang