Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Diamond Creek Bush Lodge

Weeksdagaanbod 30% af

Kry 30% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 11 Mrt 2025 tot 1 Des 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Vanaf R1 200 R840 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Diamond Creek Bush Lodge is sowat 8 km vanaf Mookgopong in die bos versteek met skouspelagtige uitsigte oor die bos en op die Waterbergreeks.

Dié verblyf bied 6 selfsorg-chalets wat elkeen slaapplek vir 3 gaste het. Daar is 3 chalets wat elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed het, en die ander 3 chalets het elkeen 3 driekwartbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die chalets het tee- en koffiemaakgeriewe en is toegerus met klein yskassies. Braaigeriewe is ook by elke eenheid beskikbaar, en die eenhede word daagliks gediens/skoongemaak.

Gaste in die 6 chalets deel 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is met 'n mikrogolfoond, stoof, 'n gasbraai, eetgerei, breekware, dubbeldeur vries en yskaste en 'n Weber-braai. Gaste kan in die Lapa voor die TV met vol bouquet DStv-kanale ontspan, of saans in die boma kuier. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan ook in die swembad afkoel. Buitelug "hottub" is ook beskikbaar vir gerief en ontspanning van gaste. Ontbyt, middagete en aandete is op versoek beskikbaar, en sal in die eetarea bedien word.

Die lodge bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, soos voetslaanroetes, fietsry, wildritte en 2 gholfbane. Die area is ideaal vir voëlkyk en 'n verskeidenheid wildspesies kan gesien word, soos,wildebeeste, blesbokke, njalas, gemsbokke, koedoes, bosbokke, rooibokke, kameelperde en ander inheemse kleinwild.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Sonja O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi. Ja, baie mooi en rustige area.
Feb 2025
Stefan E
Saam met lewensmaat
5.0
Very restful and beautiful. It was a wonderful stay! Very beautiful and neat accommodation, with an amazing view. Very friendly staff a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Danell R
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was vreeslik lekker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Daar is net een woord "FANTASTIES".
Jan 2025
Monique L
5.0
Stunning verblyf. Vreeslik lekker gebly en gekuier. Dis 'n stunning plek met al die geriewe wat mens nodig het. Die personeel is behulpsaam en die ple...
Sien meer
Jan 2025
Cicilia C
4.8
Heerlik, stil en rustig in die natuur en tog naby aan restaurante en winkels. Die akkommodasie, fasiliteite en diens was van die beste.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Esther Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Gaste dink Diamond Creek Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 840
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 200
R 1 200 R 840
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diamant-plaas, Langs die R520, Naboomspruit, 0560, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbc2355a6f3881d160a24b8194be8218429ca088c44aa4cfed194a1e5063fa4a2b77444613488700e45f59a892c2ba8185c9b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R840 per nag (plek vir 3) 62 5 1 5 Farm Diamant Off the R520 0560 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.451167 28.660462

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang