Cozy Studio @ Green Point
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Upper Portswood Road 8, Greenpark, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R1 098 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cozy Studio @ Green Point is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige gebou in Groenpunt, Kaapstad. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat naby die gewoel van hierdie gewilde stad geleë wil wees.
Dié ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea is ingerig met 'n etenstafel, 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot panoramiese uitsigte oor die omliggende woonbuurt en veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie woonstel is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante, met besienswaardighede soos die DHL-stadion, Oranjezicht-mark en die V&A Waterfront wat ongeveer 1 km ver is. Tafelberg-lugkabelbaan en Leeukop kan ook in die omliggende area besoek word.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Ligging
- Upper Portswood Road 8, Greenpark, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Upper Portswood Road 8, Greenpark, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang