Casa Familia
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 11 Feb 2025 tot 31 Des 2026.
-
Kapasiteit: 9 persone
7 volwassenes, 2 babas - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 152 11th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 500R2 450 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Casa Familia is 'n gesellige grondvloerwoonstel in die hartjie van Voëlklip, Hermanus. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende tussen twee van Voëlklip se bekendste strande. Toegang tot gratis WiFi en sonkrag is beskikbaar.
Die eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 7 volwassenes en 2 klein kinders, want dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers.
Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed asook n enkelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die eerste badkamer het 'n stort, terwyl die tweede badkamer 'n bad en 'n stort het.
Casa Familia se ingangsportaal lei na n ruim sitarea, gemaklike sitplek en 'n TV met stromingsdienste. 'n Oopskuifdeur bied toegang na 'n braaiput. Die eetkamer met 'n 8 sitplek etenstafel lei na die kombuis. Dit is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar.
Buite is die privaat patio met sambrele met 'n buite-eettafel, braaiput asook 'n draagbare braai wat 'n wonderlike opsie is vir gaste om te ontspan en die uitsig te geniet.
Hier is jy n minuut van die bekende seepaadjie en ongeveer 4 minute vanaf Voelklipstrand met Grottostrand n klipgooi verder.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbedjie
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 152 11th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Kapasiteit: 9 persone
7 volwassenes, 2 babas - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 152 11th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang