Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Big Bay Beach Club 118

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Borned-straat, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Big Bay Beach Club 118 bied selfsorgverblyf in 'n woonstelkompleks in die kusdorpie Bloubergstrand. Die kompleks is naby die strand geleë terwyl Kaapstad se middestad 'n halfuur weg is.

Die woonstel is op die tweede verdieping geleë en bied slaapplek aan 4 gaste. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers met 'n gedeelde badkamer en 'n goed toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer is toegerus met 'n bad-oor-stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en kooktoebehore. Die eenheid beskik oor 'n TV met OpenView HD. Ongelukkig word geen braai op die balkon toegelaat nie, volgens die reëls van die liggaam. Gaste is welkom om 'n braai by die gemeenskaplike braai-area te geniet.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-area, tennisbane, muurbalbane, wasgoedgeriewe, minigholf en parkeerplek beskikbaar.

Gaste kan swem, branderplankry, gholf, vlieërbranderry, seilplankry, visvang en bergfietsry in die area geniet.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
David V
Saam met vriende
5.0
Great, would stay there again. We had a great stay at Big Bay. The owner was very helpful. Nice swimming beach close and restaurants by...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Christo V
5.0
Baie stil buurt. Sien die see gedeeltelik. Baie veilig met sekuriteit. Baie lekker gebly. Eienaar hou kontak met jou.
Feb 2025
Denise N
5.0
Enjoyable! It is a lovely flat—we enjoyed our stay there. The location is perfect—close to the beach and shops, and the complex has ama...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Marthinus G
Gesin met klein kinders
5.0
Salig, mens het nie meer nodig as wat voorsien is nie. Was baie lekker. Gedaan wat ons wou gehad het. Skoon, gerieflik en lekker gemaklike beddens. Le...
Sien meer
Jan 2025
Elsje R
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het so lekker geslaap in die plek en dit het ons laat uit rus. Het en sal die plek aanbeveel, vakansie gaan ook oor lekker slaap, en ons al 4 het ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marvan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 100

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Borned-straat, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Big Bay Beach Club 118 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Borned-straat, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBjMGJkNmVhLTJiZGMtNDE0OS1iNzdjLTMxODE4ZTM2NjM0NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 100 5 1 5 Borned Street Big Bay 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.78308979672 18.45466688214

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang