Beach Front @ Stella Maris
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 73 Beach Road, Unit 86 Stella Maris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Front @ Stella Maris is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige gebou reg oorkant die strand in Amanzimtoti. Dit is 'n perfekte keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspannende tuisbasis terwyl hulle op hul besoek aan hierdie kusdorpie is.
Die woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste in 2 slaapkamers en nog 2 in die dubbelslaapbank in die sitkamer vir 2 kinders. Daar is ook 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n gedeelde badkamer wat toegerus is met 'n bad, wasbak en toilet. Bring jou handdoeke - alle beddegoed word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir die gaste se gerief. Die sitkamer is ingerig met 'n slaapbank vir 2 vir kinders, nog 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eiendom is naby die strand, winkels en restaurante, met Splash Waterworld wat sowat 600 m ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 73 Beach Road, Unit 86 Stella Maris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 73 Beach Road, Unit 86 Stella Maris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang