Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barefoot Bungalow

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Mrt 2025 tot 20 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R995 R896 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Barefoot Bungalow is 'n pragtig gemeubileerde en goed toegeruste selfsorg-eenheid wat op 'n privaat eiendom in die hartjie van Amanzimtoti geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie aangesien dit direkte toegang tot 'n lieflike swemstrand het.

Dié eiendom op die grondvloer het slaapplek vir altesaam 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n ruim sitkamer met 'n enkelslaapbank, bykomende gemaklike sitplek asook 'n platskerm-TV met Netflix. Die eiendom beskik ook oor gratis WiFi. As gaste DStv wil kyk, moet hulle hul eie rekeningbesonderhede saambring om die DStv Now-toepassing te kan gebruik.

Gaste het volle toegang tot die eiendom se swembad en braaigeriewe asook 'n veilige parkeerplek voor die eenheid. Die ligging van hierdie eenheid is naby winkels, restaurante en baie toeriste-aantreklikhede.

Neem asseblief kennis dat Barefoot Bungalow en Beachfront Bungalow op dieselfde perseel geleë is. Albei eenhede kan 5 gaste akkommodeer indien jy 'n bespreking vir 'n groep gaste wil maak.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Eurika Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 141

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Barefoot Bungalow het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
R 995 R 896
per nag (plek vir 5)
Vanaf R995
R 995 R 896
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3efce09947727457fdd040fae28c794443dbb3a761130c6a4773c7f6950c07b0f70fe1106acee0712fbd68696655dc8ed740?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R995 nouVanaf R896 per nag (plek vir 5) 6 5 1 5 173 Beach Road Amanzimtoti 4026 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 09:00 -30.0418587 30.8966987

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang