Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Annie's

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 10, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Annie's is 'n woonstel met een slaapkamer, 'n leefarea en badkamer, geskik vir 'n paartjie of 'n gesin van tot 4 mense, in 'n besonderse groot tuin, slegs 500m vanaf die swemstrand en 200m vanaf die winkels en restaurante.

Annie se woonstel is deel van 3 eenhede (Annies, Fagans en Erika) op privaat eiendom. Die eenhede word apart verhuur, maar kan ook in geheel verhuur word. Elke eenheid is selfstandig, en Annies het 'n onderdakstoep met sy eie braai op wiele sodat jy dit kan skuif na enige deel van die tuin wat jy wil. Laer af in die tuin is nog 'n braaiplek onder die bome.

Die dubbelslaapkamer het 'n dubbelbed, en die leefarea het 2 enkelbed-divans, wat jou rusbanke bedags en beddens snags is, wat dit ideaal maak vir 'n paartjie, of 'n gesin van tot 4 mense.

Die kombuisarea vorm deel van die leefarea en het 'n yskas/vries-kombinasie, 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n ketel en broodrooster, en al die toebehore wat jy nodig mag hê. Daar is ook koffie, tee, suiker, sout en peper, sonligvloeistof, en 'n houer met beskuit.

Die TV is aan 'n skottel gekoppel en het 'n OVHD-dekodeerder. Gaste kan hul eie dekodeerder saambring om DStv te kyk.

Daar is ook vinnige onbeperkte vesel-Wi-Fi sowel as 'n UPS om Wi-Fi tydens beurtkrag te verseker.

Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Toiletpapier en vloeibare seep word voorsien.

Die groot fynbostuin gee 'n rustige atmosfeer, is ideaal vir voëlkyk en om met die natuur te skakel. Sommige dele van die tuin het beperkte see-uitsigte, en jy kan die see goed hoor, veral in die nag.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Goed

Netheid
3.6
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.6
Diens
4.1
Veiligheid
3.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 232

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Proteastraat 10, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Annie's het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 10, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACsUvrZn67IMbwTGlKH9CwXHHKge4WNwX5O1kQ800oEwEpY1rmH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 49 5 1 4 10 Protea Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.801664310295 20.048815011978

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang