Angelfish Holiday Home
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Konradrylaan 6, Uvongo, Margate, 4700, KwaZulu-Natal
- Vanaf R650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Geleë in die hartjie van Beacon Rocks Uvongo, net 'n hanetreetjie weg van bekende pragtige Suidkus-swemstrande, is Angelfish Holiday Home die perfekte strandwegbreek.
Angelfish Holiday Homes spog met 2 volledig toegeruste selfsorg-gesinsvakansie-eenhede.
Whale Watcher is 'n dubbelverdieping-eenheid. Die area op die onderste verdieping bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed met 'n en suite-badkamer. Op die boonste verdieping is die sitkamer wat lei na 'n dek met 'n ingeboude braai en 'n asemrowende see-uitsig. Die eenheid is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders. Parkering vir 2 motors 1 onderdak. Dit is 'n tuiste weg van die huis bring net eie handdoeke.
Brindle Bass is 'n enkelverdieping ruim eenheid en dit bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens asook 'n toegeboude patio met 2 enkelbeddens, hierdie eenheid het slaapplek vir 6 tot 7 mense. Ingeboude braai en parkeerplek vir 2 motors. Dit is 'n tuiste weg van die huis bring net eie handdoeke.
Dié vakansiehuis is gerieflik naby verskeie restaurante en die plaaslike winkelsentrum en Laundromat geleë. DStv (Family Bouquet) is beskikbaar maar jy is welkom om jou eie dekodeerder saam te bring.
Hierdie huis kan 13 akkommodeer indien jy so graag albei eenhede as 'n geheel wil bespreek.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Billy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Konradrylaan 6, Uvongo, Margate, 4700, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Angelfish Holiday Home het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Konradrylaan 6, Uvongo, Margate, 4700, KwaZulu-Natal