Ana's Inn
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Atlantic-straat 26, Walvisbaai, 0000, Erongo
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ana's Inn bied gerieflike oornag, selfsorgverblyf in die Lagoonbuurt van Walvisbaai en dis die ideale plek vir sakereisigers of vakansiegangers. Die ligging is binne stapafstand van die Walvisbaai waterfront met vele restaurante en vetrekpunte vir toeriste aktiwiteite.
Die verblyf bestaan uit 3 dubbel-eenhede en 'n gesinseenheid.
Luukse Dubbel-eenheid 1 bied slaapplek aan maks. 3 gaste by wyse van 'n dubbelbed en 'n enkelbed.
Dubbel-eenheid 2 kan opgemaak word in of 2 enkel beddens of 1 King size bed.
Luukse dubbel eenheid 3 beskik oor 'n Queen size bed.
Die Luukse gesinseenheid beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea.
Elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort.
Al 4 eenhede het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof/oondjie, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met die volle DStv-pakket in elke eenheid. Alle luukse eenhede het lugversorging en meeste van die eenhede het privaat stoepe met sitplek. Eenheid 1 en die Gesinseenheid het ook privaat braaigeriewe.
'n Gemeenskaplike swembad en braaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik. Daar is veilige parkeerplek op die perseel met 'n sekuriteit ligstraal snags agter 'n afstandbeheerde hek . Ana's Inn is naby Walvisbaai se hawe, waterfront en restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Atlantic-straat 26, Walvisbaai, 0000, Erongo
- Gaste dink Ana's Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Walvisbaai Erongo Namibië
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Atlantic-straat 26, Walvisbaai, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang