Amani Milele (Everlasting Peace)
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Patrys-laan 3591, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Amani Milele Everlasting Peace is 'n lieflike huis in Marlothpark, Mpumalanga. Die selfsorghuis bied slaapplek vir 8 gaste, wat dit ideaal maak vir 'n gesin of groep vriende.
Die huis het 4 slaapkamers, waarvan 3 op die onderste verdieping is, en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde en vierde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die solderarea het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof waarvan die oond elektries is, skottelgoedwasser, wasmasjien, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.
Ander geriewe sluit 'n TV, WiFi, Netflix, lugversorging, plafonwaaiers en 'n swembad asook 'n braai-area met 'n boma in waar gaste kan ontspan.
Die huis is naby die Krokodilrivier en die geluid van leeus, hiënas, seekoeie en olifante kan gehoor word.
Die huis het ook 'n batterystelsel om beurtkrag te verlig.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Patrys-laan 3591, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Patrys-laan 3591, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang