6 Key Largo
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Administrasiefooi van R680.00 per bespreking
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
6 Key Largo het slaapplek vir 2 volwassenes en 3 kinders, of 3 volwassenes en 2 kinders; meer as 3 volwassenes kan nie geakkommodeer word nie.
Netflix en DStv Steam word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie gebruikersnaam en wagwoord gebruik.
Die eenheid word as 'n geheel verhuur en kamers kan nie afsonderlik bespreek word nie.
Vroeg-inklok en -uitklok of laat-uitklok kan vooraf met die administrateur gereël word, maar dit is onderhewig aan beskikbaarheid.
Let daarop dat die beheerliggaam se reëls te alle tye gehoorsaam moet word. Onder geen omstandighede sal ons toelaat dat meer as 5 gaste, insluitend volwassenes, kinders en babas,of besoekers in die eenheid bly nie. As enige van die reëls oortree word, kan gaste gevra word om die perseel te verlaat sonder 'n terugbetaling.
'n Bolangse skoonmaakdiens is beskikbaar teen R280 per dag gedurende jou verblyf (wasgoed uitgesluit). Dit moet voor die tyd gereël word en is betaalbaar saam met die breekskadedeposito.
Die terugbetaalbare sleutel- en breekskadedeposito is R1000 en is direk aan die agent met aankoms via elektroniese fondsoorplasing (EFT) betaalbaar. Die breekskadedeposito word terugbetaal via elektroniese fondoorplasing binne 3 dae nadat jy uitgeklok het mits alles in orde is.
Laat inklok en voortydige vertrek kan vooraf gereël word. Die normale inklok-ure is van 14:00 tot 17:00 en uitklok is van 07:00 tot 09:00.
Gaste moet asb. ook ander gaste en inwoners in die kompleks in ag neem.
Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Key Largo 6, Topham-weg 5, Doonside, 4026, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang