402 Flamingo
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Regent Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
402 Flamingo is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Seepunt, Kaapstad. Dit is 'n wonderlike opsie vir sakereisigers sowel as vakansiegangers aangesien hierdie eiendom sentraal is tot al Kaapstad se gunstelingbestemmings.
Hierdie oulike ateljee kan gemaklik 2 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Hierdie ateljee het ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Langs die bed is daar 'n sitarea met 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie ateljee maak oop op 'n klein balkon. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand van baie winkels en bekende restaurante af. Dit is ook naby die Seepunt-promenade en lewendige strande.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 6 Regent Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Seepunt Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Regent Road, Sea Point, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang