24 Summer Rocks
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-straat 61, Summer Rocks 24, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
24 Summer Rocks is in 'n veilige kompleks in Uvongo, geleë langs die gewilde "orange rocks". Waar ernstige visser manne vroeg oggend en laat middag visvang. Uvongo is 'n kusoorddorpie langs die KwaZulu-Natalse Suidkus. Dit is die ideale bestemming vir gaste wat 'n wegbreek naby die see soek. Hierdie eenheid is sentraal gelee, dit is 1km van Uvongo hoof strand en loop afstand na winkels en restaurante.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaap plek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n vol badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede en derde slaapkamers het onderskeidelik, 2 enkelbeddens en n dubbelbed. Die twee slaapkamers deel die gastebadkamer, wat ook n vol badkamer is (stort en bad). Die oopplan-leef area beskik oor 'n sitkamer met rusbanke en TV, en eet area met eetkamerstel en kombuis nook met stoele. Die kombuis is toegerus met al die nodige eetgerei, yskas-vrieskas, elektriese stoof met n oond en mikrogolfoond.
Veilige parkeerplek is in die kompleks en gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan die dag op die strand deur bring of in die gemeenskaplike swembad swem, waar daar ook braaigeriewe is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Colin-straat 61, Summer Rocks 24, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-straat 61, Summer Rocks 24, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang