Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 767 resensies.
"Yzerfontein is naby Kaapstad, maar bied self nie veel nie. !Khwa ttu is rit na restaurant werd. Uitsig van restaurant af is pragtig. Ry gerus ook na Riebeeck Kasteel. Natuurskoon herinner aan Skotland se Canolavelde, groen heuwels, veldblomme, skapies en water. Pragtig! "
"Oor die algemeen 'n baie oulike dorpie. Ek sal graag daar wil woon permanent. "
"Almal baie vriendelik, almal groet. Baie mooi, rustige plek, mooi natuurskoon, vir ure en ure langs die strand afgestap. "
"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"
"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
"Die omgewing (Weskus tot by Langebaan) gerieflik bereikbaar. In Yzerfontein self is beperkte toeriste=besienswaardighede en die see is heelwat te koud vir mense wat die Natalse suid- en noordkus gewoond is."
"Is absoluut verlief op Yzerfontein en al die weskus dorpies. Beslis een van my gunsteling vakansie bestemmings."
"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Lekker naby aan die Kaap met baie om te sien en doen in die omgewing."
"Yzerfontein is 'n baie klein dorpie met die mooiste natuurskoon en rustigheid. 'n Definitiewe aanbeveeling as jy wil rus en wegbreek van die stadslewe."
"Yzerfontein is 'n heerlike low-key en pragtige dorpie, lekker restaurante - Strandkombuis moet nie gemis word nie! "