Geverifieerde Resensie
Wilderness
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wilderness bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 458 resensies.
"Die see is 'n groot pluspunt en die dorpie lyk asof mens nog baie daar kan ontdek. "
"Lots to do and to explore in surrounding areas, but one needs to watch for safety. Beggars in town, on the beach areas and too many car guards were later really annoying. Restaurants were good but shops are very limited."
"Wildernis is vir seker een van die mooiste plekke op die Tuinroete. So naby aan ander dorpe en strande."
"Wildernis altyd die beste. Baie lekker restaurante. Net lekker om te loop op die strand of om in 'n kano te vaar al langs die lagoon af. Pragtig."
"Each time we go to Wilderness we find new places to explore, suppose that's what keeps us coming back for more!"
"Onontdekte juweel met baie meer fasiliteite as wat ek besef het. Uitmuntende eetplekke!"
"Wildernis bly ons gunsteling bestemming as ons daardie streek van die land besoek."
"Ons het al te vore in Wildernis tuis gegaan en dit so geniet. Dis 'n asemrowende plek met iets vir elke ou se belangstelling en 'n definitiewe moet op die toeriste lys."
"Dit is 'n ongelooflike mooi plek en het alles wat jy nodig het. Enige groot veranderinge sal die karakter van die dorpie en streek wegneem."
"Ek ken die plek nie goed nie. Ek sal egter weer in die omgewing wil gaan kuier. "
"Ons is mal oor Wildernis. Die mark op 'n Vrydagaand is baie lekker. Al die eetplekkies in die village is baie oulik en skep 'n besonderse atmosfeer. Ons eet altyd heerlik by Salinas op die strandfront. Mens voel altyd welkom in die dorp en ons geniet die rustigheid van Wildernis. Ons kom weer!"
"Gehou van die beheer oor die massa mense wat by die strande wou uitkom. Die strand is gereeld gepatrolleer deur die SAPS. Elke dag was daar skoonmakers om die strand skoon te hou."