Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8234 reviews.
"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
"Fleurdal beskik oor 'n Mall, wegneemeetplekke, naby die Casino, en maklik bereikbaar vanaf groot ingangsroetes. Ek dink genoeg bemarking behoort Fleurdal meer gewild te maak onder besoekers aan Bloemfontein."
"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."
"Baie dankie vir die interessante leesstof en bekendstelling van belangrike besoekplekke! Ons het 18 jr in Bloemfontein gewoon en nooit geweet van al die noemenswaardige plekke nie! Nou is ons ook ingelig as besoeker."
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"Heuwelsig is an upmarket residential area with beautifully maintained houses. It is in close proximity to banks, shopping centres, fast food outlets, restaurants and museums."
"Met ons aamkoms in Parys was dit reeds donker die aand. Ons het aanvanklik gedink dis dalk beurtkrag dat die dorp so donker is totdat ons besef het dat net hier en daar 'n straatlig brand. Sou dink vir 'n dorp met so besige deurvloei van verkeer moes die hoofstraat se ligte darem almal gebrand het! Die winkeltjies maak in die daglig darem op vir die donker strate in die aand."
"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."
"Baie interessante dorp. Ons sou graag meer wou sien, maar omdat ons laat die middag op Clarens aangekom het was baie van die winkeltjies en retaurante reeds toe."
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "
"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"
"Dit is lekker sentraal en maklik om van daar na besienswaardighede in Bloemfontein te ry."