Geverifieerde Resensie
Upington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 492 resensies.
"Upington het uitgebrei en 'n besige dorp geword. Die toeris kan meer as 'n dag daar spandeer en 'n verskeidenheid plekke sien en goed doen. 'n Skoon omgewing wat 'n goeie indruk maak."
"Mense is baie vriendelik en mense moet beslis ‘n draai maak by Oranjerivier Cellars"
"Beveel akkommodasie buite Upington aan, maar nie in dorp self nie, dorp se shopping plekke vergelyk goed met groot stede s'n."
"Goed vir oorslaap op pad Namibia toe. Ook om die Oranjerivier streek te besoek. Ry uit na Keimoes en Kakamas. Die padstalle het lekker eetgoed, koffie en selfs boeke. Stop by Oranje Rivier Kelders in Upington."
"Keidebees is aan die westekant van Upington. dis op die N14, maar is verbasend stil. Upington en die omliggende gebied is 'n juweel in SA en verdien meer aandag."
"Het meer die Groter-Upington besoek, gaan besoek gerus Augrabieswaterval en ‘n rit op Sakkie se ark is ‘n besliste moet."
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Upington verbaas my elke keer as ek daar gaan besoek aflê. Was by die nuwe mall by Duineveld Hoërskool en die plek het my verwagtinge oortref."