Verified Reviews
St Helena Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Helena Bay
Rated 4.5 out of 5 based on 721 reviews.
"Area is stil en veilig. Strand is super skoon en mense rondom vriendelik. Beste vakansie ligging in die Weskus. "
"Enigste nadeel is die afstand van 'n kafee of restaurant af. Verder is dit 'n beeldskone bestemming!"
"Ek dink dit gaan binnekort dié bestemming in die Weskus wees. Dis nog 'n ongerepte area en hier voel mens jy kan asemhaal. Ek het baie veilig gevoel en alhoewel dit die Sondag 36.5°C was, het dit nie so gevoel nie. "
Britannica Heights, St Helena Bay
The Lazy Daisies"Baie pragtige plek wat mens rus vir jou siel en baie vrede bied! Selfs skilpadjies in die pad gesien en uile gehoor in die nag. Lafenis vir moeë stadsjapies se siele!"
Britannica Heights, St Helena Bay
The Lazy Daisies"Beautiful location, away from the hustle and bustle of the city, with amazing views over St. Helena Bay."
Britannica Heights, St Helena Bay
Whale n Daisy"A great stop to get away from it all but not much there if you need to be entertained."
"Baie aangenaam, net die strande is 'n bietjie vol van die kelp maar aangenaam verras net die laaste dag 'n baie slegte ruik van die visfabriek ondervind."
"Pragtige stil en veilig vir stap, fietsry, naby Paternoster, Die Palm sentrum en Velddrif wat wonderlike restaurante bied."
"Baie rustige deel van die kus. Nou-en-dan kry jy die reuk van die visfabriek (hang af hoe die wind waai), maar dit is geen probleem. Sal self in die omgewing wil bly."
"Britannia Bay is 'n rustige dorpie. By tye, a.g.v. die visfabriek, is daar 'n bietjie van 'n reuk wat oor die dorp hang, maar dit is 'n klein ongerief om te verdra."
"Naby aan die minder bekende indrukwekkende fossiel park ('n moet besoek) naby Saldhana. Gerieflike winkels en koffie shops naby die huis. 'n Klipgooi van Paternoster (duur) en heelwat snuistery en ander winkeltjies."
Britannica Heights, St Helena Bay
Whale n Daisy"Rustig en net reg om weg te breek van die besige stadslewe af."
"Die visfabriek het 'n onaangename reuk verskaf, ons hoop van harte dat dit net tydelik was. "
"Die omgewing is baie rustig. Ek dink beslis daaraan om 'n belegging te maak en eiendom in die area te koop."
"Pragtige juweel van 'n plek met alles wat mens kan nodig kry. Die plek het in my hart ingekruip!"
"Britannia Bay is really wonderful, if you want that quiet beach getaway, definitely go to Britannia Bay."