Geverifieerde Resensie
Springbok
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Springbok bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 478 resensies.
"Die plek was so besig, maar moet besef dit was dag voor Kersfees waar almal laaste Kersinkopies doen, maar almal is vriendelik en het van die dorpie gehou, besoek gerus Brian se Spur ook."
"Neat overnight facility, will suggest an extractor fan in the bathroom and an extra milk for a second cup of tea. Further no complaints."
"Springbok is so lekker groot en daar is alles wat jy sal nodig kry. Die mense is baie vriendelik."
"Ek het die plek vuil gevind en die dorp se strate baie ongemaklik om op te ry. Ek dink die munisipaliteit kan baie meer doen om die plek skoner en meer toeriste vriendelik te maak, selfs buite blomme seisoen."
"Interessante dorpie. Ek is jammer ek kon nie meer tyd daar spandeer nie. "
"Die plek is asemrowend, genotvol, vriendelike mense en baie behulpsaam. Die plek is skoon en baie veilig. "
"'n Stil en rustige dorpie, afgesien van die wind wat ons amper weggewaai het. Skoon en netjies."
"Sjoe, groot winkelsentrum vir so ver noord. Gaan ontdek jouself in die stilte."
"Die verwagting was om meer blomme te sien in die omgewing, maar ons het nogtans die verblyf in Springbok aangenaam gevind."
"Ek dink die stadsraad kan soveel meer doen om toerisme te verbeter. Springbok is 'n goeie wegspringplek om Oukiep, Nababeep, Port Nolloth, Hondeklipbaai te verken, maar buite Goegap gaan daar nie veel aan in die dorp self nie."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."
"Springbok has everything on offer that one needs, on route or to visit for the flowers."
"Die verblyf is oor die algemeen buitensporig duur vir die tipe verblyf."
"Baie naby aan al die blom lokaliteite. Naby ook aan Richtersveld. Kan ook maklik weer voorrade aanvul."