Verified Reviews
Potchefstroom Central
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom Central
Rated 4 out of 5 based on 134 reviews.
"Ek is van die Kaap en sal definitief weer in September vir my studies se werkswinkel, by jul kom bly."
"Potchefstroom is 'n pragtige plekkie, baie agteruitgegaan t.o.v skoon strate en paaie."
"Really just a student town to be honest. We came to do business, so cant really say we did any touristy stuff. "
"Naby kampus, maar as jy nie meer 'n student is nie, is daar nie werklik veel om te doen nie. Die restaurante is naby asook die groot winkelsentrum."
"Potchefstroom was like discovering a hidden gem of generous and genuine people doing extraordinary things - from intentional and random acts of kindness to excellent academic work. We loved our stay."
"Sentra naby kampus behoort voortdurend opgeknap te word. Reeds verbeterings gemerk."
"Vir ons is rustigheid baie belangrik, en by Jakkalsdraai was ons nie teleurgestel nie."
"Only if you have to be there, I would say. University close by for instance. We had to be close to what we were there for. But this is my personal view. "
"Ouer deel van Potchefstroom - jy hoor wel die trein wat verby gaan - sentraal genoeg aan winkels en motorhawens."
"Mooi dorp met lekker winkels. Als wat jy nodig mag kry is daar. Ons was gedurende 'n baie besige naweek daar, maar nietemin het ons die dorp baie aangenaam gevind."
"Lieflike, boomryke en geskiedkundige ou dorp. Mens voel onmiddellik tuis daar."
"Dit bly en sal altyd 'n plek van groot waarde in ons harte wees, omdat ons hele gesin daar geswot het."
"'n Inligtingsblad oor Potchefstroom sou handig wees, maar gelukkig het die internet gehelp."
"Potchefstroom kom baie verwaarloos en vuil voor as jy deur die strate rond ry."
"Dis lekker geleë. Naby klomp plekkies wat besoek kan word. Al is dit in 'n besige straat, hoor mens nie die verkeer nie."
"Die area het agteruitgegaan, voel dit vir ons, en alhoewel mens vrouestudente sien alleen rondloop het dit gevoel of ek huiwerig sal wees om daar rond te loop. Ons het 'n baie oulike lodge so 10 minute van daar gaan aandete eet. Die kos was maar teleurstellend vir die prys, maar daar was 'n mooi plekkie om die sonsondergang te geniet langs die rivier en 'n kaggel binnekant so ons het lekker daar gekuier. "
"Soos enige plek in Suid-Afrika is die netheid van strate en versorging van sypaadjies 'n uitdaging. Ons besoek nie Potch as toeristebestemming nie, maar omdat ons 'n kind aan die PUK het."