Geverifieerde Resensie
Riebeek West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 43 resensies.
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Ongelooflike dorpie en omgewing. Jy mis uit as jy nie hierdie area besoek as deel van jou Kaap-vakansie nie. "
"Dit was baie gemaklik. Die mense was almal baie vriendelik en die ontbyt was baie lekker."
"Wat 'n plesier om deur die dorp, veral woonbuurt te kon ry. Baie naby aan stad."
"Wonderlike ligging. Dis bietjie iets anders, veral met die fokus op platteland en olywe. Sal definitief weer kom."