Geverifieerde Resensie
Rhodes
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Rhodes bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 61 resensies.
"Jy moet baie lief wees vir die natuur, selfonderhoudend wees en in jou eie brandstof kan voorsien. Moenie Tiffendell ski-oord mis nie, dit is nou heeljaar oop. Pragtige omgewing in die somermaande."
"Kan aanbeveel word net as jy bereid is om 60 km baie slegte grondpad te ry."
"Pragtige dorpie met baie rondry paaie, naby aan Tiffendell vir sneeu speletjies in die winter. Lekker om rond te stap en te kyk na al die ou geboue."
"As jy weg wil kom van die besige lewe af en ontsnap na stilte en natuur, besoek gerus vir Rhodes."
"Vat jou tyd! Dis bietjie uit die pad en neem nogals lank om daar uit te kom. So bestee ten minste 2 dae daar, sodat jy al die mooi en lekkerte kan inneem."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."
"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "
"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"
"Rhodes moet deel vorm van elkeen se bucketlist! Rubicon se restuarant en gasvryheid, toeka restaurant en craft beer is 'n moet vir almal! Definitief weer deel wees van ons vakansieplanne! "
"Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy! "
"Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places. "
"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."
"Die man by die inligtingsentrum het soveel waardevolle inligting gegee wat beslis bygedra het dat ons Rhodes en die omgewing ten volle kon ontdek. "
"Een van die mooiste klein dorpies in die land. Die berge is pragtig en die plaaslike inwoners is van die vriendelikste wat mens kan kry!"