Verified Reviews
Pretoria
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria
Rated 4.3 out of 5 based on 1300 reviews.
"Dit sou afhang wat mens in Villieria wil doen, dink ek. Ek wou naby Fireplace Restaurant wees vir 'n kunsuitstalling. Nie om te kuier nie."
"Ons het ongelukkig nie die tyd gehad om Silver Lakes en omgewing behoorlik te verken nie; maar 'n besoek aan die "groot wilde katte" daar naby maak van Silver Lakes 'n aantrekkings area. Dit wil ook voorkom of daar heelwat eetplekke is (sommige baie duur maar lyk tog gewild) en al die nodige fasiliteite is byderhand. "
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."
"Muckleneuk is baie rustig, stil en mooi. Daar is beslis moontlikheid vir uitbreiding vir die gasvryheidsbedryf."
"Uitstekend, netjiese, stil omgewing. Sentraal naby alles, veilig, sal dit definitief aanbeveel en weer besoek. "
"Hierdie gastehuis is uitstekend geleë vir mense wat moet oornag vir hospitaal-doeleindes."
"Stil area oor die algemeen maar goed geleë as jy na van die omliggende hospitale moet gaan."