Verified Reviews
Pretoria
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria
Rated 4.3 out of 5 based on 1300 reviews.
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Waverley self is nie 'n toeristebestemming nie maar dit is wel so geleë dat dit binne afstand is van baie plekke om te besoek. Die vlooimark by Kollonade. Die China Mall. Dit is ook naby Menlyn Shopping Centre en baie ander Malls om vir die dag uit te gaan. Dit is ook so geleë dat hospitale ens. bereik kan word. Ons was ook uit vir die dag na Hartebeespoortdam. Dit is gerieflik en sentraal geleë."
"Goed geleë met al die groot winkelsentrums, restaurante en bioskope. Die klimaat is sub-tropies, veral in die winter is dit 'n pluspunt. Die omgewing is lowerryk en almal hou hulle tuine netjies. Dit is 'n plesier om daar in die strate te loop. "
"Alhoewel dit baie uitgebrei het in Waverley met die jare is dit nog steeds rustig met skoon omgewing. "
"Dis 'n stil, veilige omgewing maar baie sentraal geleë naby hospitale en inkopiesentrums."
"Perfekte bestemming indien jy 'n smakie van die stad of spesifiek Pretoria wil kry. Veral Menlyn Inkopiesentrum is 'n paradys!"
"Ag Clydesdale het daardie ou koloniale sjarme en is net absoluut perfek geleë as mens die historiese besienswaardighede van Pretoria wil verken."
"Pretoria-Oos bied baie lekker, klein plekkies om te besoek en te ontspan. Die beste deel van Pretoria!"
"I have always enjoyed the neighbourhood for its ability to ease you into a restful and relaxed state. It is very safe to go for a leisurely stroll as well, with Magnolia Dell and The Blue Crane close by."
"Heelwat gastehuise in die omgewing. Geen toeriste-aantreklikhede nie, maar gerieflik vir besigheid doeleindes."
"Mooi sentraal in die Centurion gebied, naby die groot paaie maar ver genoeg dat hulle nie pla nie!"