Verified Reviews
Potchefstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom
Rated 4.1 out of 5 based on 604 reviews.
Potchefstroom Central, Potchefstroom
Adato Guest House"Ons besoek Potch. net met aardklop en is so tevrede met die ligging. Kan en gaan Adato aanbeveel."
"Ek wil net baie dankie sê vir LekkeSlaap en vir Bietjie Bosveld. Ons het lekker gerus en het die naweek baie geniet en sal beslis dit weer doen."
"Universiteitsdorp met 'n verskeidenheid eetplekke in die nabye omgewing. Ons kan beslis Café Fiori slegs 'n blok van Huys ten Bosch aanbeveel. Maak seker jy is goed honger!"
Van der Hoff Park, Potchefstroom
Sunset Manor Guest House"Was in die area om bietjie te Geocache. Baie caches reg rondom jou."
Van der Hoff Park, Potchefstroom
Sunset Manor Guest House"Stil en maklik bereikbaar van die hoofweg af."
"Oude Dorp is pragtig - ons eerste besoek. Soek nou al vir jare iets naby Potch omdat ons kinders daar studeer. Ons wil nie regtig in 'n gastehuis bly nie, maar het nie geweet waar en hoe veilig iets buite die dorp was nie. Hierdie is definitief 'n goeie wegbreek vir studente en hulle ouers wat net weer bietjie saam wil kuier. Uitstekend!"
Van der Hoff Park, Potchefstroom
Sunset Manor Guest House"Naby en ver genoeg van die Mall en ander besighede."
"Baie goed geleë as jy besigheid in Potch het of as jy laat middag van Gauteng Kaap toe ry oor Kimberley om dan hier oor te slaap."
"Die Bult het 'n lekker "vibe". Ek was self 'n PUK-student en die Bult is vol skatte en herinneringe!"
"Die Bult is 'n omgewing eie aan studentelewe. Die winkels en restaurante is kreatief met 'n gees van jonkheid. Hiermee saam is daar ook 'n geskiedenis van Potchefstroom met sy akademiese agtergrond wat verskeie besoeke aan jou as toeris bied. Die Bult het 'n karakter eie aan homself; wees bevoorreg en gaan deel daarin."