Geverifieerde Resensie
Port Owen
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Owen bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 98 resensies.
"Dit is pragtig. Baie voëls en die pragtige waterweë. Beslis die moeite werd."
"Voorwaarlik een van die mooiste plekke in ons land. So bly vir die geleentheid om dit te besoek. Sal beslis weer teruggaan."
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."
"Baie mooi en skoon kusdorpie. Net jammer daar is nie baie opsies wanneer dit by uiteet kom nie. "
"Port Owen is 'n paradys. En 'n baie netjiese plek. Ek en Abe sal self as die Here wil daar kom aftree."
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"It would've been nice if there was more things to do. We were disappointed that we could not see the salt making process, as Cerebos no longer do tours. I would also not recommend that you stay over on a Monday, as everything is closed on Mondays. "
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "