Geverifieerde Resensie
Port Nolloth
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Nolloth bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 228 resensies.
"Baie uit die pad, maar dis 'n mooi dorpie. Jammer dat die museum oor ontdekking van diamante gesluit is as gevolg van afsterwe van kurator."
"Tranquil little town ideal for relaxation. Advisable to pack plenty of food and snacks. Few restaurants in the area."
"Sal nie weer so ver ry om daar te draai nie, nie veel vir 'n gesin om te doen nie. Hotel het heerlike kos."
"Klein maar intieme dorp. Reg om batterye te herlaai. Richtersveld die ideale plek om te besoek vir die natuurliefhebers. Jy moet 'n SUV of 4x4 het egter."
"Die loadshedding en waterbeperkings maak dit moeilik, pragtige kusdorpie met baie potensiaal."
"Port Nolloth en McDougallsbaai is wonderlike stil dorpies om vakansie te gaan hou. Die mense is vriendelik, die strande is skoon en is nie oorbesig nie. Jy kan regtig stil raak en ontspan. Die winkels in die omgewing het ook voldoende voorraad van alles wat jy mag nodig kry en personeel is baie vriendelik."
"We miss the museum which we always found interesting. The food at the Scotia Inn Hotel was excellent and well-priced."
"Swemstrand beskikbaar - dorp en omgewing is skoon en netjies versorg. Mense van omgewing is baie vriendelik en behulpsaam."
"Hulle werk tans aan die nuwe waterpype om die watertoevoer na Port Nolloth te verbeter. Die water is tans nie na wense nie, so maak maar seker jy vat as 'n noodsaak vars bottel water saam met jou aankoms. Winkels en restaurante maak maar vroeg toe of glad nie oop op sondae nie, so beplan jou dae mooi."
"Exceptional place to be especially waking up to the beach, water sounds in the morning, just priceless."
"A cute small town with pretty beaches. As the Atlantic is too cold to swim in and not much else to do in town the beaches are pretty much it. But it was a pleasure to have visited the town. Friendly people."
"Port Nolloth het baie toerisme-potensiaal maar ongelukkig raak dit baie vervalle en is besoedeling 'n groot probleem. Die toilette by die openbare strand en groot dele van die walkway is ook in skokkende toestand en is 'n veiligheidsrisiko. Dit kan wel reggestel word om die beeld te verbeter."