Geverifieerde Resensie
Port Edward
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Edward bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 171 resensies.
"Die dorp self is nie regtig vir ons nie en daar is nie veel om te doen nie, maar daar is darem baie plekkies rondom dit."
"As jy op die N2 by Port Edward aankom lyk dit maar besig en vuil by daardie winkelsentrum, maar sodra jy inry is dit 'n heerlike dorpie en als was netjies en skoon."
"Dis stunning. Daar's 'n lekker rotsswembad, wat dit lekker maak vir die kinders om in te swem en speel."
"I adore this area. So many thing to do for adults and kids. Aqua parks, nature reserves, play parks, game drives, coffee and banana farms, great places to eat, etc."
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "
"Die strand was skoon en ons het personeel gesien wat rondloop op die strand met swart sakke op soek na moontlike rommel. Die ablusiegeriewe op die strand was baie skoon en netjies. Die braai en piekniek area was baie netjies en skoon. Ek hou daarvan dat geen klappers toegelaat is by Palm Beach nie en die natuurskoon is pragtig. Ons kinders het heerlik geswem en die veilige strand swembad en baie skulpe op getel. Ons het vir ure al die verskillende seeplantjies en diertjies bewonder in die rotspoele."
"Mense in die omgewing baie vriendellik en my oggend draffie op die strand tot ver anderknat Mpenjati reservaat was 'n interessante ervaring. Hier kan mens baie oud word met rustigheid!"