Geverifieerde Resensie
Polokwane
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Polokwane bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 111 resensies.
"Puik stad met inkopiesentrums wat dit maklik maak om enige artikel en of produk te verkry. Goeie mediese en puik akkommodasie. Parkering in CBD is baie beperk en sal pluspunt wees indien daarna omgesien kan word. "
"Is Sterpark dieselfde as The Leopard Tree? Indien wel, verdien dit meer as 5 uit 5!"
"Weet nie of daar baie is om te doen in Sterpark nie. Was vir 'n rugby-wedstryd daar."
"Dit is 'n stil woonbuurt in Polokwane en baie goed geleë om die besige plekke in die stad te besoek."
"Ligging van die gebied is 'n paar minute van die dorp, baie naby. Die gebied is maklik toeganklik. "
"Baie aangenaam. Was die beste ervaring in Pietersburg en die beste plek. Sal dit opreg aanbeveel en al my kennisse daarheen verwys."
"Ek sal nie sommer uit my pad uit gaan om al die pad na Polokwane te ry vir wat daar is om te sien nie. Sekerlik die slegste is die tolpad met mense wat sommer links verby voor die tolhekke indruk. Limpopo mense het die slegste padmaniere in die hele SA! Dit alleen sit my totaal af om ooit weer soontoe te ry!"
"Found out just before we left that family running the lodge also own the mountain climbing club in the area and also have a climbing wall at the lodge, would love to return for this soon."