Geverifieerde Resensie
Piet Retief
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Piet Retief bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 65 resensies.
"Ons het jare terug daar gebly en is nou toegerus met 'n splinternuwe mall met al die nodige winkels. Spar het nou 'n SuperSpar geword. Bly maar 'n lekker plek."
"Die dorp is rustig, maar daar is pragtige plekke in die natuur rondom die dorp. Ontdek gerus Evergreens: 'n luukse onthaalsaal in die bos."
"Sal nie Piet Retief beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n oornagopsie vir enige verdere reisplanne na die Natal se Noordkus en omliggende areas. "
"Padaanwysing is swak is en slaggate in die strate is 'n nagmerrie ondervinding."
"Vuil dorp, maar baie oulike restaurante en gastehuise, behalwe Bali Biasa wat teleurstellend was."
"Piet Retief het geweldige interessante geskiedenis, en met al die plaasboere in die omgewing, wat oudhede versamel, is dit 'n baie oulike dorpie. "
"Piet Retief self beveel ek nie aan nie. Die omgewing buite Piet Retief is fantasties."
"Dorp is baie besig en beknop, nie rerig geskik vir 'n langerige vakansie nie maar uitstekend vir 'n oornag-stop."
"Vast improvement in the roads leading to Piet Retief - but the streets in town leave a lot to be desired."