Geverifieerde Resensie
Phalaborwa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Phalaborwa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 224 resensies.
"We recommend everyone going there should visit Phalaborwa mines view point."
"Die hoof-aantrekking is maar die Krugerwildtuin. Die suurveld in die deel van die park is nie optimaal vir wildlok nie. Nog steeds bitter mooi wêreld. Die buitewyke van die dorp is skaflik. Die middedorp is aaklig. Gedaan, besig en gebroke. Moet ook nie in die aande in die deel van die wêreld ry nie. Ry net in die dag. Paaie aaklig en mense ry verskriklik sleg. Maar dis maar orals so."
"Phalaborwa self is nie 'n toeristebestemming nie. Die feit dat dit by die hek van Krugerwildtuin is, is die enigste rede vir my besoek."
"Lekker weer, maar die paaie, behalwe die hoofpad in die dorp is in 'n slegte toestand. Dit help darem om die spoed laag, en almal dus veilig, te hou. Ons het baie lekker daar gebly."
"Baie goeie ligging om verskeie toeriste-attraksies en ook die Kruger Nasionale Park te besoek."
"Phalaborwa se klimaat is heerlik. Die dorp self bied nie veel vir die toeris nie, maar is gerieflik geleë vir toegang tot die Wildtuin."
"Die inwoners is baie vriendelik. Die dorp self het egter agteruit gegaan en is vuil. Gelukkig is die kuierplekke baie lekker."
"Phalaborwa sal moet aandag gee aan watervoorsiening. Ons het die grootste deel van die 2 dae min tot geen water gehad."
"Phalaborwa is ongelukkig een van baie dorpe waar aandag gegee moet word aan paaie."
"Phalaborwa is nie gefokus op toeriste nie, maar ons kon steeds als kry wat ons nodig gehad het."
"Dorpie is baie verwaarloos. Paaie nie in goeie toestand nie. Baie naby die hek vir toegang na Krugerwildtuin."