Verified Reviews
Pearly Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pearly Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 180 reviews.
"Die omgewing en strand is van die mooistes wat SA bied waar jy baie veilig voel en die mense is baie vriendelik!"
"Oulike en stil dorp. Vat net genoeg vars goed van jou keuse saam sodat daar nie elke dag Gansbaai hoef gery te word nie. "
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
"Pearly Beach se strand is verskriklik mooi, die water is warm genoeg vir die kinders om te swem, die mense is verskriklik vriendelik en knoop graag 'n geselsie aan. Ons sal baie beslis weer daarheen wil gaan vir 'n wegbreek."
"Ons kom al vir 32 jaar Pearly Beach toe en het alle veranderinge oor die jare meegemaak. Ek dink egter nie dat Pearly Beach op regte vlak is as toeristebestemming nie."
"Vriendelikheid van die permanente inwoners laat jou sommer tuis voel, en moenie vergeet van die ongerepte strand nie. Dis hemels in vergelyking met ander strande. Probeer asb. om dit so te hou."
"Naby aan Gansbaai, Franskraal, Baardskeerdersbos en Uilenkraalsmond. Baie om te doen en te sien, of net rustig by die see te kan ontspan."
"We enjoyed all the activities in and around Pearly Beach and all the nearby beaches too."