Geverifieerde Resensie
Paarl
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paarl bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 496 resensies.
"Soveel interessante plekke om te besoek. Jy sal vir 'n baie lang tyd elke dag iets nuuts kan doen. Afr Taal Monument, Spice Route, Babylonstoren, Domeine Brahms Wineries, Fairview. Daar is baie wynplase. Meer as genoeg om te doen."
"Absoluut fantasties om te sien hoe dieselfde berge elke dag anders lyk. Ons Gautengers wat net teen mynhope vaskyk. Ons was daar vir 'n paar dae vir 'n troue, die dorp is vol winkels. Kon nie glo 'n dorp het nog kersliggies in die strate nie. Dit het so feestelik gevoel. Pragtige wêreld."
"Een van die mooiste omgewings om te verken in ons land. Moet weer terug gaan, want ons tyd was te min."
"Bitter warm, so lugreëling in kamer was van onskatbare waarde. Ons besoek was alleenlik vir persoonlike vereistes."
"Mooi omgewing en Wellington net langsaan is 'n pragtige ou dorp. Bainskloof pas is 'n lekker rit met jou motor - nuut geteerde smal bergpas met mooi uitsigte."
"Dit was pragtig en alles in die omgewing is so mooi netjies en skoon. Geen slaggate en bossies wat aan die kant van die straat groei nie. Dit was heel lekker om weer die ou SA te sien."
"Paarl is wonderlik! Daar is soveel te doen. 'n Groot verskeidenheid van aantreklikhede vir elkeen se smaak. Per aanbeveling - Laborie wynplaas en restaurant, Paarl natuurreservaat en wandelroete."
"Baie historiese plekke om te besigtig soos die Taalmonument. Dit is ook gemaklik geleë tussen Stellenbosch en Franschhoek waar die wynlande geleë is, asook kunste en historiese plekke besigtig kan word."
"Altyd 'n voorreg om hierdie pragtige deel van ons lieflike land te besoek."
"Ek is bevooroordeeld teenmoor Paarl, maar Middelplaas is tops. Ek was daar vir werk."
"Paarl bly 'n uitstekende bestemming, met veelvoudige goeie restuarante en wyplasse binne 'n kort afstand."