Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 530 reviews.
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."
"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "
"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."