Geverifieerde Resensie
Mossel Bay Central
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay Central bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 22 resensies.
"Dis nie die greatste area om in rond te stap nie en jy ontmoet 'n paar vreemde karakters wat jou vir geld vra."
"Sentraal Mosselbaai in 'n neutedop is naby alle toeriste-oorde, winkels, skole en sportfasiliteite! Definitiewe aanbeveling."
"Daar is klomp besighede en plekkies om te gaan in Sentraal Mosselbaai, maar mens sal na die ander areas ook moet gaan. Vir vakansie mense sal dit miskien nie genoeg wees om hulself mee besig te hou nie."
"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "
"Baie netjies en was verbaas oor al die interessante winkeltjies/restaurante wat ontstaan het."
"Dit was so lekker egte Suid Afrikaanse mense en omgewing. Pragtige klein dorpie."
"Dis lekker daar, naby die punt en naby die ander kant na Santos toe m.a.w. die swemplekke. Winkels ook naby. Dis nie nodig om Mall toe te gaan nie."
"Eerste vekansie in Mosselbaai en sal seker nie die laaste wees nie. Die weer en die seelug is fantasties."
"A little piece of paradise on the coast. Beautiful beach (next to the yacht club) with water not too cold to enjoy swimming in. Plenty to see and do. The town has good facilities e.g. banks, shops, pharmacies, restaurants, pubs, etc."
"DIE SKOONSTE PLEK EN DIE VRIENDELIKSTE MENSE. DIT IS NET 'N ANDER WERELD AS JY VAN DIE VRYSTAAT AF KOM. ALLES WERK EN IS IN PLEK , MOSSELBAAI OMGEWING DIE BESTE VAKANSIEPLEK, KAN NIE MEER NOORDKUS TOE GAAN NIE. BAIE SENTRAAL VAN BAIE ANDER PLEKKE IN 'N RADUIS VAN 100 KM. MOSSELBAAI UITSTEKEND."
"Mosselbaai as toeristebestemming is sentraal geleë, baie om te doen en om te besoek in 'n 100 km radius. Sal altyd terugkeer Mosselbaai toe vir 'n vakansie!"