Geverifieerde Resensie
Midlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Midlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 293 resensies.
"Balgowan het soveel aktiwiteite vir almal, mooi winkels, restaurant, interessante plase en plaaslike kosse en produkte. Pragtige area en beeldskoon uitsigte."
"Dit was jammer dat die trokke gebrand het in die tyd wat ons daar was op die N3. Dit het mens baie onrustig gestem. Die natuurskoon is egter pragtig. Sal graag weer wil gaan."
"Die munisipaliteit moet die gras sny langs die paaie en die gate in die paaie regmaak. Die uitsig vanaf The farmers Daughter Restaurant is baie mooi maar andersinds lyk dit soos 'n baie verwaarloosde dorp."
"Pragtig en klein, maar Nothingham Road is ook naby vir nog meer om te sien en te doen. "
"Klein plekkie, maar definitief 'n toeriste aantrekking. Heerlike koffiewinkel en sjokolade winkel is 'n moet!"
"Voorwaar 'n pragtige omgewing met baie interessante besienswaardighede, winkeltjies en pragtige natuur."
"Die Midlands Meander-roete is 'n moet en die omgewing 'n ongelooflike ervaring!"
"Ons was so beïndruk deur die omgewing ons wil sommer daar gaan bly nou. Wat 'n plek om te besoek. Die Natalse Midlands sien ons definitief weer!"
"Lush, green area in the heart of the Midlands Meander. Many great places to dine at!"
"A little bit of English countryside in South Africa with lovely sights to see."
"We didn't find a restaurant in Mooi River. Had to travel quite far for supper."
"Ons kon nie sien dat paaie as grond- of teer aangedui word nie. Dit maak 'n groot verskil as 'n mens 'n roete/verblyf beplan."
"'n Mens moet die Mooi Rivier ten minste een keer in jou lewe besoek. "