Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 208 resensies.
"Middelburg is bloot 'n gerieflike oorslaapplek vir ons op pad terug omdat die afstand huistoe die volgende dag heeltemal rybaar is. Ons het selde die geleentheid om die dorp of omgewing te verken op pad huistoe. Die oornagverblyf moet bloot funksioneel wees vir ons. Ons het ook baie moeilik 'n oop restaurant 7 uur die aand gekry en het by die een waar ons wel gekom het, amper 2 ure gewag vir ons bestelling (wat 'n doodgewone geroosterde toebroodjie en 'n hamburger was). Ons was nie die enigste gaste wat ontsteld was oor die swak bediening nie. As ons nie beter oornagverblyf in die toekoms in Middelburg kan kry nie, sal ons nie weer daar oorslaap nie."
"Wonderlike plek om die lang reis van Gauteng na die kus te breek. Welkome rusplek en rustige atmosfeer van die dorp is perfek na 'n lang pad."
"Middelburg loop nie oor van aktiwiteite nie, maar is gerieflik geleë as 'n oornagplek vir reisigers tussen die Noordkus en die Weskus. Middelburg bly ons voorkeur stop."
"Middelburg is 'n baie klein dorpie met baie min restaurante. Dis ideaal vir oorslaap vir 'n nag of 2."
"'n Goeie halfweg tussen die noorde en die suide. Die stilte van die uitgestrekte Karoolandskap is sielsverrykend!"
"Dit is 'n klein Karoo-dorpie. Hierdie keer was die dorpie vir ons skoner en netjieser as met vorige kere."
"Mooi karoo-dorpie maar armoede en verval is baie sigbaar. Dis egter 'n ideale oorblyplek weens die dorp se sentrale ligging. Brandstof is net verskriklik duur (duurder as ander plekke)!"
"Ons was nie in die dorp in. Die mense wat die windpompies verkoop by die ingang van die dorp is ongelukkig baie arm en mens voel jammer vir hulle."
"Pefekete oorstop plek, was 'n een nag oorstop, geen idee wat in die omgewing te doen is nie."
"Oulike dorpie maar ons het ongelukkig nie tyd gehad om behoorlik die dorp te verken nie, maar Janina het ons vertel van die geskiedenis."