Geverifieerde Resensie
Merweville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Merweville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 98 resensies.
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Wat 'n klein paradys. Geen straatligte, buiten 2 privaat huise se sekuriteitsligte. Dorpie netjies en skoon. Alle inwoners van Merweville so vriendelik. Kan my nogal daar sien aftree. Sal Merweville beslis weer besoek."
"Pragtige klein dorpie met sy eie karakter en atmosfeer. Die tyd word deur die kerkklok aangegee. The simple life. Loved it. "
"Ek sou dit 'n 5 uit 5 gee as dit nie so vrek warm in Merweville was nie. Jy moet in ag neem, dit is in die middel van die Karoo. Verder is dit 'n baie stil, rustige en vriendelike dorpie. Perfek vir 'n wegbreek uit die gedruis van 'n besige lewe."
"Merweville is jou tipiese Klein Karoo dorpie met vriendelike mense, waarde-vir-geld verblyf en daardie gasvryheid wat jy net in die Karoo kry. Ons sal beslis weer kom kuier!"
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."