Verified Reviews
Magoebaskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Magoebaskloof
Rated 4.7 out of 5 based on 443 reviews.
"Magoebaskloof is my gunsteling-bestemming. Die natuur is mooi. die toeriste-aantreklikhede is voldoende om besig te bly indien jy verkies. "
"Jy het meer as 'n naweek nodig om Magoebaskloof en al sy weggesteekte prag te ontdek en te verken. En onthou om altyd 'n warm dingetjie in te pak, want die weer is baie onvoorspelbaar."
"God het Magoebas geskep vir die natuurliefhebber, dis awesome."
"We love Magoebaskloof. Dit bied pragtige voetslaanroetes met 'n tropiese klimaat en lieflike restaurante."
George's Valley, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Sprokies mooi. Seker die mooiste deel van ons land."
"Enigste nadeel is die grondpaaie, dit kan nogal hectic raak, maar andersins is dit 'n wonderlike plek."
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."
"Baie om te doen en die waterval naby Tazneen was amazing en het glad nie geweet dat daar sulke stunning plekke is nie. "
"Definitief 'n plekkie om te besoek. Wonderlike gasvrye mense ontmoet! Mooiste deel van die wêreld."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
George's Valley, Magoebaskloof
Log Cabin 1 @ Magoebaskloof Getaway"Baie plekkies om te besoek en dinge om te doen."
"Dis baie rustig met 'n keuse van goeie eetplekkies in en om die natuurdorpie. Die winkelsentrum lawaai baie, bly weg! "
George's Valley, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Loer gerus in by Haenertsburg op pad George's Valley toe. Na Heanertsburg kry 'n mens ook eers die Debengeni-watervalle. Pasop wel vir bloedsuiers in die water! Hulle is baie klein en daar is baie van hulle! Sies!"
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Een van my gunsteling reis-bestemmings in SA. Ongeag van waarheen jy gaan, die omgewing is pragtig."
George's Valley, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Hartlike ontvangs, behulpsame gasheer en gasvrou."
"Daar is so baie om te doen by Magoebaskloof dat jy meer as 'n maand nodig het en baie geld, om alles te geniet!"